Curry sosatie / Kerrie sosaties

8 Uie sny in ringe
2 eetlepels Kerriepoeier
1 eetlepel  Borrie
4 eetlepels Suiker
2 eetlepels Maziena
2 koppies Asyn
2 koppies Water
1 koppie Blatjang
1 koppie Appelkooskonfyt

Braai die uie,  voeg Kerrie, Borrie, Suiker en asyn by,  Meng die Maziena en water.  Voeg by mengsel en bly verhit en sodra begin borrel voeg Blatjang en Appelkooskonfyt by.  Kook deur en sit af.  Gooi oor jou vleis en roer elke dag om.  Die lekkerste is as jy dit sewe dae laat marineer.  

Terloops, varkvleis maak fantastiese sosaties.

...

Recipes/CurrySosaties (last edited 2013-12-30 19:47:33 by PieterSmit)