Quiche resep (In Afrikaans)
* Die quiche is ‘n vullende etetjie by ‘n slaai.
Kors:
* Smelt 1k botter/Butro en meng by 1k meel en 1k gerasperde cheddarkaas. Druk dit vas onderin tertbord. (ongeveer)
Vulsel:
* Kap en braai 1x ui- redelik groot. * Braai ook blokkies spek daarna.
- ( Ek gebruik Ww se gerookte gekapte bacon en braai sommer hele pak. Daarvan gebruik ek omtrent 1xk om by die gaar uie te meng vir die onderste laag vd tert. Die res vries ek in houer om by enigiets van boontjiesop tot ‘n omelet te gebruik.
* Bo-op kom dan blokkies Feta; * fyn gesnyde Ina Paarman gedroogde tamaties in olyfolie- so omtrent 3 stukke- versprei; * dan bo-oor ‘n koppie gerasperde cheddar.
Sous:
* Klits 4x grt eiers; meng by 1 tot 2t Ina Paarman gemengde kruie (+) en 1x t mostertpoeier. Meng nou 1k room met 2/3 k melk by en gooi oor tert.
Bak:
* by 180-160C vir +/- 40 min-of gaar.